Stormwaterriool

Stormwaterriool met 'n gedeelte van die pyp wat uitsteek

Stormwaterriole word ontwerp om oortollige reën- en grondwater van ondeurdringbare oppervlakke soos geplaveide strate, parkeerterreine, loopvlakke, sypaadjies en dakke te dreineer. Stormwaterriole wissel van klein residensiële wegsyferputte (dry wells) tot groot munisipale stelsels. Hulle ontvang water van afvoerslote langs die meeste snelweë en ander besige strate, sowel as dorpe in gebiede waar swaar reënval en oorstromings voorkom, asook kusdorpe wat gereelde storms ervaar. Die afvoerslote van huise en geboue kan ook aan stormwaterriole gekoppel wees. Baie stormwaterrioolstelsels is ontwerp om die stormwater onbehandeld in riviere of strome te stort. Dit is dus onverantwoordelik om sekere soorte chemikalieë in die riole te stort.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search